🎊🔔🔔BRUILOF OPENINGSDANS PAKKETTE🍾🥂

Omdat bruidspare nodig het om ‘n gechoreografeerde openingsdans te kan dans om die dansbaan te open by hul huweliksonthaal & afgerig wil word deur iemand wat behoorlik opgelei is in huweliksdans choreografie om uniek te lyk & ‘n positiewe herinnering na te laat, het ons hierdie pakette beskikbaar gestel.

Professionele choreografering gaan daaroor dat die “moves” uitgewerk word om by die liedjie te pas & nie net ‘n klomp “moves” is nie. Ons doen alles in ons vermoë om hierdie deel van jou troue uitmuntend & onvergeetlik te maak, juis omdat hierdie ‘n uiters balangrike & deurslaggewende gebeurlikheid in jou lewe is.😎🥳

Ons het 2 Huweliks Openingsdans Pakkette:

Bruilof Openingsdans Pakkette Advert 2026 Landscape Downscaledx2

R2,000 vir 7 Halfuur Privaatlesse:

Met die 7 halfuur privaatlesse gaan ons so te werk want hierdie is net vir Openings- of Vertoningsdans voorbereiding: Die eerste sessie gebruik ons 3 lesse saam wat 90 minute is om die choreografie te doen. 

Daarna besluit die paartjie wat met die orige 4 halfuur lesse gebeur want dit het al gebeur dat die 2de sessie weer ‘n uur moet wees & dan die laaste halfuur les net vir oefen & afronding is. Elke paartjie is anders, so baie gebruik die laaste 4 privaatlesse apart om behoorlik als in te oefen & af te rond.

R2,400 vir 9 Halfuur Privaatlesse:

Die 9 halfuur privaatles pakket werk heeltemal anders omdat dit meestal vir pare is wie glad nie kan dans nie of net bietjie kan skoffel. Daar is wel pare wat hierdie pakket neem net vir hul bruilofdans om ekstra te oefen wat sal verseker dat hul bruilof openeingsdans foutloos is.

Die eerste sessie is ‘n uur wat gebruik word om ‘n basiese dansfondasie te lê. Daarna word 90 minute (3 halfuur lesse) choreografie gedoen vir die openingsdans & die oorblywende 4 lesse word gebruik vir die oefen van die openingsdans asook afronding & om hersiening te doen van die sosiale pare-danse of om nuwe dansstappe of “moves” by veral die Sokkie te leer. Hierdie pakket is veelsydig & kan gebruik word soos verkies.

 NB:

Nadat die pakket betaal is, stuur die bruidspaar hul openingsdans liedjie of liedjies vir ons. Ons besluit saam op ‘n liedjie as daar meer as 1 is. Dit word geredigeer sodat dit korter is want langer as 3 minute se openingdans is te lank. Ons probeer dit dus onder 3 minute hou. Hierdie is ingesluit in albei ons pakette. Nadat dit geredigeer is, word dit teruggestuur in mp3 formaat vir die bruidspaar se goedkeuring & sodat dit gebruik kan word om die openingsdans te choreografeer. Die liedjie is die kern van als, dus moet dit lank voor die tyd goedgekeur wees voor die 1ste lesse om gebruik te kan word.

Punte van Belang:

  • Laat weet ons gerus wat jul begroting is & op watter pakket jul besluit het sodat ons so gou moontlik kan begin.
  • Die openingsdans pakkette is vooruitbetaalbaar.
  • Ons probeer help waar ons kan want mens wil iets besonders opvoer. Pare wat in Bloemfontein bly kom gewoonlik Saterdae: party elke Saterdag totdat al di lesse gebruik is & ander elke 2de Saterdag. Gedurende skoolvakansies is ons weeksaande ook beskikbaar vir privaatlesse van 4 of 5nm af.
  • Party pare kom van di platteland af & selfs van groot stede soos Pretoria & Kaapstad af. Die voorbereidingslesse strek oor ‘n paar naweke, maar party paartjies moet als in 1 of 2 naweke doen omdat hul vêr bly, so ons bespreek die lesse vooraf byvoorbeeld op ‘n Vrydagmiddag of Saterdagoggend, middag of aand. Ons moes ook al op ‘n Sondagaand ‘n 3de voorbereidingsles aanbied, aangesien die paartjie nie gou weer kon kom van plekke soos Welkom, Christiana & Upington af nie.
  • Soos genoem is elke paartjie anders. Baie pare maak gebruik van een van ons Huweliks Openingsdans Pakette & word ook lid by ons dansklub vir 2 of 4 kwartale voor hul huwelik om ‘n behoorlike dansfondasie te lê sodat hul goed & lekker sosiaal kan dans. Van hulle hou dan sommer aan met hul dansklasse by ons & woon nog steeds hul dansklasse by al vir jare. So dis ook nog ‘n opsie.

Neem Kennis:

  • Al neem baie die 9-les pakket, wat ons grootste pakket is, kan nog lesse bygekoop word want dit het al gebeur dat 9 lesse by party pare nie genoeg is om behoorlik als in te oefen nie.
  • Ons doen egter ons lesse vinnig & effektief want pare het net nie meer die tyd om ure & ure by ‘n dansateljee te spandeer nie. Al ons pare is hoogs tevrede dat als so vinnig & effektief afgehandel word.

Extras:

  • Omdat ons professioneel & baie suksesvol is met ons bruidspare se openingsdanse, bied ons ekstra dienste aan gratis wat van kardinale belang is om die paartjie te help om vinniger hul roetine aan te leer asook om hul spesiale dag ‘n meer besonderse gebeurtenis te maak. Hierdie ekstras word eers bekend gemaak aan die paartjie tydens hulle eerste les.
  • Ons maak ook na die tyd vir die wat dit verlang ‘n mooi video wat mens wil hou om vir familie & vriende te wys, veral vir kinders & kleinkinders later. So die meeste stuur dit nadat dit opgeneem is sodat ons dit kan redigeer & versier want videograwe vra ekstra hiervoor & dis gewoonlik baie duur. Ons doen dit gratis.

Pa & Dogter Dans R1500 vir 5 Halfuur Lesse:

Die Pa & Dogter dans pakket bestaan uit 5 lesse. Die 1ste uur (2 halfuur lesse) word gebruik vir die choreografie & die oorblywende 3 lesse word gebruik vir afronding & om als mooi in te oefen.