Lidmaatskap Terme en Voorwaardes:

Membership Terms and Conditions:

NB. Kyk asb hierdie video behoorlik deur van begin tot einde!

21-YEAR-OLD-STUDY CONCLUDES:

COUPLES-DANCE MAKES YOU SMARTER.

Read More…

Neem asb. kennis dat die inhoud van die “treklys” onder ook beskikbaar is vir aflaai in PDF formaat. Kliek op die opskrif om die treklys punt oop te maak.

Please note all the content of the accordion below is also available to download as a PDF document. Click on the heading  to display the full text: 

Die 7 Stadiums waardeur die verstand gaan tydens die aanleer van 'n nuwe vaardigheid:

Dansklub Lidmaatskap Voorwaardes en Ander Kennisgewings! - Treklys

Nuwe beginners skryf in vir ‘n jaar, of beter gestel: vir ‘n minimum van ‘n jaar, maak nie saak in watter kwartaal die beginner begin met klasse nie. Dis nie die moeite werd vir ons & die danser om vir ‘n korter tydperk as ‘n jaar klasse te neem nie. Ons wil nie die danser of ons eie tyd & jou geld mors deur korter klas aan te bied nie want ons het al oor die jare geleer dat dit nie werk nie. Dit neem ‘n jaar om die fondasie te lê & bietjie selfvertroue te bou. Daarna kan die danser volhou met klasbywoning om behoorlik te leer dans na hoër vlakke toe & addisionele selfvertroue bou wat lei tot ‘n baie goeie selfbeeld. Dit word dus van die danser verwag om 1 kwartaal skriftelik kennis te gee na die eerste jaar sodat daar genoeg tyd is om ‘n ander dansmaat te kry vir jou dansmaat.

‘n Behoorlike uiteensetting van die “korrekte manier” om “kennis te gee” is in ‘n latere punt vervat.

Pare-Dans is ‘n koninklike aktiwiteit en tydens deelname by ons vooraanstaande dansklub verwag ons van ons dansers en hul ouers om op koninklike wyse op te tree.

Ons as sosiale dansers, wat betrokke is by een of ander vorm van maatdans: baldans, Latyns- Amerikaanse dans, RocknRoll en ander informele paartjies danse (ons doen al hierdie; nie net 1 of 2), is almal deel van ‘n internasionale koninklike familiestam. Pare-dans is so ‘n elite aktiwiteit dat dit outomaties troon status verskaf omdat dit dissipline met respek en deernis teenoor ander vereis om uit te voer en goed daarin te vaar. Pare- dans behels dat 7 dinge op dieselfde tyd gedoen word:

  • luister na die musiek,
  • bly in tyd met die musiek,
  • voer danspassies uit,
  • vermy botsings,
  • beplan die volgende passie,
  • gee of reageer op die dansmaat se dans-seine en
  • gesels.

Geen wonder dit is moontlik om IK te verhoog met pare-dans nie; die enigste aktiwiteit wat dit kan vermag — ‘n bewese feit.

Alles wat ons verskaf is stresvry, maar bring waardevolle blootstelling, ontwikkeling en lewenservaring mee. Dus is dit van kardinale belang dat ons dansers ons aanbiedinge bywoon en daaraan deelneem vir die gewenste en beste resultate. Ons het regtig baie lojale dansers by ons dansklub en ons bedank hierdie lojale dansers en hul ouers vir al jul ondersteuning, deelname en bydrae. Dit gaan nie onopgemerk verby nie en die resultate is duidelik sigbaar.

Klasse moet getrou bygewoon word. Dansers wat selde of ooit klasse bywoon kan nie die dansklub verantwoordelik hou as hulle nie kan dans, passies onthou of kan uitvoer nie. Dansers wat nie elke week by klas is nie, kan nie dit wat elke week behandel word onthou nie.
Onthou, die brein verloor die inligting na 7 dae. Dit is hoekom dit so belangrik is om in kontak te kom met dieselfde vaardigheid op ‘n weeklikse basis, wat nie altyd moontlik is as gevolg van siekte of ander aktiwiteite nie, maar dansers wat gereeld by klas is, dans goed in vergelyking met die dansers wat stokkies draai. Ons navorsing het getoon dat dansers wat klas elke twee weke bywoon nooit leer dans nie. Hulle leer slegs passies, maar hulle kan dit nie gebruik nie omdat hulle nie die weeklikse klasse bywoon en in alle waarskynlikheid ook nie die sosiale oefeninge bywoon nie. Eers na ‘n 7-week periode, is elke danspassie ‘n deel van die geheue bank en kan nie meer verlore gaan nie. 24 uur tot 7-dae tussenposes is nodig vir die brein om nuwe data te verwerk.

Die 7 stadiums waardeur die verstand gaan tydens die verwerking van ‘n nuwe vaardigheid:
1ste blootstelling = totale verwerping
2de blootstelling = gedeeltelike verwerping
3de blootstelling = gedeeltelike aanvaarding
4de blootstelling = volle aanvaarding
5de blootstelling = gedeeltelike assimilasie
6de blootstelling = volledige assimilasie
7de blootstelling = outomaties en deel van mens

Indien ‘n danser min klas bywoon of glad nie klas bywoon vir ‘n kwartaal sonder om die vereiste tyd kennis te gee nie, is die danser nog aanspreeklik vir die dansklubfooi van daardie kwartaal omdat die danser nog steeds ‘n lid van ons dansklub is.

NB. As ‘n danser vir langer as 2 aaneenlopende weke afwesig is van dansklas in een kwartaal, moet die danser na ‘n laervlak klas toe terug skuif as die danser nie kan inhaal by die huidige klas nie. Party kan maklik inhaal terwyl dit vir ander nie moontlik is nie. Te veel word behandel gedurende klas, dus word baie verloor as dansers afwesig is van klas.

Ons het afsonderlik een jaarlikse interne kompetisie vir ons Hoërskool dansers en een vir ons Laerskool dansers om die gehalte uit die leer-om-te-dans en ontwikkelingsproses te kry. Daar is niks om voor bang te wees nie want ons kompetisies is soos ‘n sosiale oefening waar die danser teen die standaard kompeteer sodat almal ‘n trofee kan kry en ons kompetisies bou geweldige selfvertroue, maar belangriker, dit is groot pret: ‘n gebeurtenis om na uit te sien en om voor deftig aan te trek. Neem kennis, elke danser kry ‘n trofee want die danser kompeteer teen die standaard en nie teen die ander dansers op die dansvloer nie wat lewensgehalte verbeter & selvertroue bou.

Dit word verwag van ons lede om deel te neem aan al ons georganiseerde geleenthede soos ons jaarlikse Kompetisies (R550 wat elkeen se trofee insluit) en Eksamens (R160 – R350 insluitend diploma/s) asook publieke sosiale dansfunksies wat addisionele kostes soos ingangsfooi beloop. Ons kan nie ‘n deeglike and behoorlike opleidings- en ontwikkelingsprogram suksesvol verskaf as dansers nie alles bywoon nie en van alles wat ons aanbied gebruikmaak nie. Die danser moet aan alles by ons dansklub deelneem om die volle waarde daarvan te kry. Ons dans is nie sommer net ‘n buitemuurse aktiwiteit nie, maar ‘n lewensvaardigheid & ons is nie daarop uit om geld uit mense te maak nie. Dis hoekom ons streef om alles so laag as moontlik te hou.
Daar is byvoorbeeld geen wins op die kompetisies nie, so dit word absoluut in belang van die danser gehou. Ander plekke in SA vra tot R2500 om aan pare-dans kompetisies deel te neem.

Aangesien ons dansklub ‘n seuns pare-dansklub is omdat die seuns die kern van alles is, is ons seuns vriendelik verplig om sosiale oefeninge by te woon want hulle is die gashere. Die meisies tof op en doen baie moeite om opvallend te wees en anders te lyk as wat hul by dansklas lyk wat ‘n londende sosiale oefening verseker. Seuns wat gereeld ons sosiale oefeninge bywoon, dans verseker beter & met meer afronding want hul ledemaat-beheer word meer presies as die wat dit selde of nooit bywoon nie.

Om te vorder na ‘n hoër vlak, dans ons dansers eksamen, wat soortgelyk is aan vlak gradering in karate. Hierdie diplomas kan gebruik word vir enige CV of aansoek om te help met universiteitstoelating as bewys van die koninklike aktiwiteit waarin ‘n persoon betrokke is.

Ouers moet asseblief nie hulself afhaal van enige van die groepe nie. Demp eerder die foon of die groep as ons ‘n funksie aan het wat gaan lei tot baie antwoorde of kommentaar. Dis vereiste by ons dat ons hoërskooldansrs met een ouer op al die verwante groepe is.

Dogters wat op hoër vlakke dans kan reeds begin met “lifts” vanaf graad 6 in die Boogie en Sokkie en moet hiervan kennis dra. Hulle hoef nie bang te wees nie want die “lifts” is nie hoog nie en word in sosiale pare-dans gebruik reg oor die wêreld. Alleenlik op aanvraag sal dogters hoë “lifts” en Theatre Arts (‘n dans wat grasieuse “lifts” bevat) doen.

Seuns doen eers “lifts” in die hoërskool.

Tensy spesiale reëlings getref is, moet fooie betaal word aan die begin van elke kwartaal maar nie later as die middel van die kwartaal nie. Die dansklub sal alle regte voorbehou met betrekking tot uitstaande gelde, laat betalings of wanbetalings en enige van die genoemde moet nie as ’n verslapping van enige reg beskou word nie.

Dansklubfooie is eintlik uitgewerk op ‘n jaargrondslag wat verdeel is in 4 kwartaallikse fooie, maak nie saak in watter kwartaal die danser begin dans nie. Ons het nuwe beginner klasse elke kwartaal wat kan loop vir 60plus jaar want ons dans is ‘n lewensvaardigheid, ook genoem lewensstyldans. 32 – 36 klasse is veronderstel om in ‘n jaar aangebied te word (8-9 per kwartaal). Ons verskaf 41 klasse per jaar om waarde vir geld te verseker, alhoewel daar 43 skool weke is. Ons verloor 2 weke van die laaste kwartaal as gevolg van dat skole vroeg sluit, maar omdat ons klasse in oormaat verskaf gedurende die ander kwartale, bied ons steeds meer aan as wat ons veronderstel is oor ‘n jaar (12 maande). Die sosiale oefeninge, wat soos ‘n dansfunksie is, se ure kan addisioneel bygetel word omdat ons ander goed daar doen en dit heeltemal anders as klas is, maar deel vorm van die leer en ontwikkelingsproses van ons dans vir sosiale ervaring, ens.

Aangesien ons pare-dans doen en die afrigter persoonlik moeite doen om ewe veel seuns en dogters in elke klas te hê, is ‘n kwartaal se kennis noodsaaklik want dit bied aan ons die geleentheid om ander reëlings te tref om die leë plek te vul en min of meer eweveel van albei geslagte by elke klas te hê. Daar is ‘n soortgelyke dansklub in PE waar elke klas 30 dogters en 5 seuns gehad het want hul seuns het meestal bloot ophou dans sonder kennisgewing wanneer hulle so gevoel het en het nie verstaan dat hulle ‘n verpligting het teenoor hul dansmaats nie. Die navorsing wat ons daar gedoen het, het getoon dat die seuns die idee gehad het hulle kan leer dans in so kort as moontlik tyd, een of twee kwartale, wat ons weet nie moontlik is nie, aangesien die selfvertroue geheg aan die leer- om-te-dans proses die langste neem om te bou terwyl baie ander danse behandel word. Wanneer selfvertroue begin bou, absorbeer die danser die dans-kennis beter en vinniger asook behou dit beter. Ons seuns hier is meer ingelig omtrent hoe ons dansklub werk en dat dit soortgelyk is aan die dansklubs in ontwikkelde lande, so ons het nie so ‘n groot probleem nie, alhoewel dit blyk asof dit ‘n neiging meer onder seuns is as die dogters. Aangesien ons ‘n koninklike aktiwiteit beoefen word dit van ons dansers en hul ouers verwag om veral hier op te tree op koninklike wyse, so as iemand klasse wil beëindig is dit die ouer se plig om te sorg dat die kind die voorwaardes verstaan en nakom.

As ‘n danser wil onttrek van ons dansklub, word een kwartaal skriftelike kennisgewing vereis.
Wat is ‘n kwartaal kennis?
Opsie 1: Stel ons dansklub-personeel in kennis van jou voorneme binne die eerste week van die nuwe kwartaal om sodoende die korrekte eposadres te kry en gee skriftelik kennis binne die eerste 2 weke per epos. Woon dan daarna nog steeds die klasse en sosiale oefeninge vir die res van die kwartaal by wat betaal moet word vir daardie kwartaal nadat die skriftelike kennis per epos gestuur is.
Opsie 2: Gee skriftelik kennis per epos na die eerste twee weke van die nuwe kwartaal of aan die einde van die kwartaal, maar dan is fooie nog steeds verskuldig vir daardie kwartaal asook vir die daaropvolgende kwartaal.

‘n Danser wat bloot verdwyn en nie uitstaande fooie asook kennisgewing fooie betaal nie, word op die swartlys geplaas en sal nie weer by ons dansklub dans nie. Dit is slegte maniere en verseker nie die manier om op te tree nie. Ons moet afskeid neem in goeie gees soos ander wat kontak gehou het en nou op troue staan wat lesse wil neem vir hul huweliksonthaal se openingsdans.

Ons komplimente aan ouers en kinders wat bewys gelewer het van integriteit en goeie maniere deur kennis korrek te gee en seker gemaak het dat alle gelde betaal is. ‘n Kind wat toegelaat word om bloot te dros sonder behoorlike kennisgewing en betaling van gelde, sal op hierdie manier optree wanneer die kind groot is. Hou asseblief by ons vereistes soos wat jy sou verwag ander mense dit moet doen indien jy ‘n soortgelyke praktyk sou hê.

Die lede wat op korrekte wyse kennis gegee het, wens ons voorspoed toe & vertrou dat jy jou vaardighede, by ons verkry, goed sal gebruik met groot pret vir die res van jou lewe. Aan die lede wat lank en veral die wat al baie lank by ons dans wens ons mee te deel dat ons vir julle bitter lief is want jul maak ons dansklub—julle is soos familie! Sommige het letterlik in ons dansklub groot geword!

Let asseblief daarop dat die Hoërskool dansers ‘n ander ervaring het as die Laerskool dansers, omdat hulle begin besef hoe om die vermoë-om-te-dans prakties toe te pas in die publiek.

Ons dansklubfooie vir 2024 is R2480 per persoon vir die hele jaar want daar word nie vir klas betaal nie, maar om lid by ons dansklub te wees. Die kwartaalfooi is dus R620 per persoon per kwartaal of R207 per persoon per maand vir 12 maande (Januarie tot Desember) of vanaf die begin van die inskrywings kwartaal af vir 12 maande as die danser aansluit in ‘n ander kwartaal as die eerste kwartaal. Party verkies om kwartaalliks te betaal terwyl dit ander beter pas om maandelliks te betaal. Die laagste danskoolfooie of dansstudiofooie in Bloemfontein is R900 vir 6 klasse per kwartaal of tot R2000 vir 8 klasse per kwartaal. Ons bied 10 of meer klasse aan per kwartaal want ons sillabus is die grootste in die wêreld. 6 of 8 klasse is nie genoeg om alles te behandel nie. Ons dansklubfooie is laag sodat ons dansers vir ‘n lang tyd kan dans want ‘n persoon kan nie leer dans in ‘n kort rukkie nie, definitief nie in 1 of 2 kwartale nie, en ons wil hê ons dansers moet altyd baie beter dans as die algemene publiek. Ons sosiale pare-dans is ‘n lewensvaardigheid en leefstylaktiwiteit, so mens moet eintlik dansklas bywoon vir die res van jou lewe soos in ontwikkelde lande om die brein fiks te hou & vir baie ander positiewe resultate.

Dance-Club Membership Conditions and Other Announcements! - Accordion

New beginners enroll for a year, or better put: for a minimum of a year, no matter in which term the beginner starts classes. It’s not worth it for us & the dancer to take classes for a shorter period than a year. We do not want to waste the dancer or our own time & money by offering classes for a shorter period because we have learned over the years that it does not work. It takes a year to lay the foundation & some confidence. After that, the dancer can continue with class attendance to properly learn to dance to higher levels & build additional confidence which amounts to a lot of self-esteem. It is therefore expected of the dancer to give 1 term written notice after the first year so that there is enough time to find another dance partner for your dance partner.

A proper explanation of the “correct way” of “giving notice” is contained in a later point.

Couples-dance is a royal activity and being part of our prestigious dance club, we expect of our dancers and their parents to behave in royal manner.

We as social dancers, for being involved in some form of partner dance: ballroom, Latin American, Rock’nRoll and other casual couples-dances (we do all these; not just 1 or 2), are all part of an international royal clan. Partner dance is such an elite activity that it automatically provides pedestal status because it requires discipline with respect and compassion toward others to execute and to become good at. Couples dance involves doing 7 things at the same time:

  • listening to the music,
  • staying in time to the music,
  • executing steps, 
  • avoiding collisions,
  • plan the next step,
  • giving or reacting to the partner’s dance-signals and
  • chatting.

No wonder it is possible to increase IQ with partner dance; the only activity that can achieve this—a proven fact.

Everything we offer is stress free, but brings about valuable exposure, development and life experience. It is thus of cardinal importance that our dancers attend and partake in our presentations for the desired and best results. We really do have very loyal dancers at our dance club and we thank these loyal dancers and their parents for all your support, participation and contribution. It doesn’t go by unnoticed and the results are also evident.

Classes need to be attended diligently. Dancers who hardly ever attend classes cannot hold the dance
club responsible if they can’t dance, remember or execute the steps. Dancers that don’t attend class every
week cannot remember everything covered weekly.
Note, the brain loses the information after 7 days. That’s why it is so important to come in contact with
the same skill on a weekly basis, which is not always possible due to illness or other activities, but dancers
that are at class regularly dance well compared to the ones playing hooky. Our research has proven that
dancers who attend class every two weeks never learn to dance. They only learn steps but cannot use them
because they don’t attend the weekly classes and, in all probability, don’t attend socials either. Only after
a regular weekly attendance of a 7-week period is each dance-step a part of the memory bank and can’t be
lost again. 24 hours to 7-day intervals are necessary for the brain to process new data, but not longer.

The 7 stages the mind goes through in attaining a new skill:

1st Exposure = Total Rejection

2nd Exposure = Partial Rejection

3rd Exposure = Partial Acceptance

4th Exposure = Full Acceptance

5th Exposure = Partial Assimilation

6th Exposure = Full Assimilation

7th Exposure = Automatic and part of you

If a dancer attends very few classes or doesn’t attend class for 1 term without having given the required amount of time notice, the fees still have to be paid, since the dancer is still a member of our dance club.

NB. If a dancer is absent from dance-class for more than 2 consecutive weeks in one term, the dancer has to move to a lower-level class if the dancer is unable to catch up to the class. Some are able to catch up easily while others are unable to do so. Too much is covered during class, so much is lost if dancers are absent from class.

We separately have one annual internal competition for our high-school dancers and one for our primary-school dancers to get the quality out of the learning-to-dance and developing process. There is nothing to be afraid of as our competitions are similar to socials where the dancer competes against the standard to ensure that each dancer gets a trophy and our competitions build tremendous confidence, but more importantly, they’re great fun: an event to look forward to and to really dress up for. Note, each dancer gets a trophy because the dancer competes against the standard and not against the others on the dance floor to create a sense of achievement & build confidence.

It is expected of our members to participate in all the organized events such as our termly Socials (free), annually Competitions (R450 that includes each one’s trophy) and Exams (R160 – R330 including diploma/s). We cannot provide a thorough and proper educational program successfully if our dancers don’t attend and make use of what we provide. The dancer must take part in everything offered at our dance club to get the full value thereof! Our dancing isn’t merely an extramural activity but a life skill and we aren’t out to drain parents for their money. That is why we try to keep everything low and, for instance, there is no profit on our competitions. Therefore, everything offered is in the interest of our dancers and their development. Other places in SA charge R2500plus for their couples-dance competitions.

Since our dance club is a boys’ partner dance club because the boys are the core of everything, our boys are obligated to attend the Socials as they are the hosts. The girls dress up and go to a lot of trouble to look appealing and different from the way they look at dance-class that ensures a rewarding social practice. Boys who regularly attend our socials, dance better & appear more polished because their limb control becomes more precise than those who rarely or never attend a social.

To advance to a higher level, our dancers have to dance exams, which is similar to level grading in karate. These diplomas can be used for any CV or application to universities as proof of the royal activity a person is involved in.

Parents must please not remove themselves from any of the groups. Rather mute the phone or the group if we have a function going that will result in many replying or commenting. It is a requirement at our dance club that our high school dancers are on all the relevant groups with one parent.

Girls dancing on our higher levels may start with lifts in the Sokkie & Boogie from about grade 6 onward and need to know this. They needn’t be scared because we do dance lifts that are not very high and are used in social couples-dance all over the world. Only upon request will our girls do high lifts and Theatre Arts (a dance that entails gracious lifts).

Boys only do lifts in high school.

Unless special arrangements have been made, fees must be paid in the beginning of the term but not later than the middle of the term.

The Dance Club retains all rights regarding outstanding fees, late and or default payments must not be accepted or seen as a relaxation of any rights.

Dance-club fees are actually calculated on a yearly basis that is split into 4 termly fees, no matter in which term the dancer starts dancing. We have new beginner classes every term and as the dancer progresses to higher levels, classes can run for 60plus years because our dancing is a life-skill, also called lifestyle dancing. 32 – 36 classes are supposed to be presented in a year (8-9 per term). We provide 41 classes per year to ensure value for money, although there are 43 school weeks. We lose 2 weeks of the last term due to schools closing early, but because we provide classes in surplus during the other terms, we still present more than what we are supposed to over a year (12 months). The hours for dance-club socials (a social is like a dance function) can additionally be added, as we do other things there and they are completely different from class but a part of the learning and developmental process of our dance for social experience, etc.

Since we do couples dance and the coach, personally, goes to a lot of trouble to have equal amount boys and girls in each class, a term’s notice is vital as it provides us with the opportunity to make other arrangements to fill the empty spot to have more or less equal amount of both genders at each class. There’s a similar dance club in PE where each class used to have 30 girls and 5 boys because mostly their boys merely stopped dancing without notice when they felt like it and didn’t understand that they have an obligation toward their dance partners. The research we did there indicated that the boys had the idea they could learn to dance in as short as possible time, one or two terms, which we know isn’t possible, since the confidence attached to the learning-to-dance process takes the longest to build. When confidence starts building, the dancer absorbs the dance knowledge better and faster, and also retains it better while many dances are covered. Our boys here are more enlightened about how our dance club works and that it is similar to the dance clubs in developed countries, so we don’t have such a huge problem as they had, although this seems to be a tendency more among boys than girls. Because we do a royal activity, it is especially here required of our dancers and their parents to behave in royal manner, so if someone wants to terminate classes it is the parent’s duty to make sure the child understands the conditions and adheres to the conditions.

If a dancer wants to withdraw from our dance club, one term’s written notice is required. What is a term’s notice?
Option 1: Inform our dance-club personnel of your intentions within the first week of the term in order to get the correct email address, followed by submitting written notice via email within the first 2 weeks of the term, then still attend classes for the rest of the notice term and the social while paying for that term.
Option 2: Give notice after the first two weeks of the term or at the end of the term, but then fees are still liable for that term and also for the succeeding term.

A dancer, who merely vanishes and doesn’t pay outstanding fees as well as notice fees, is blacklisted and won’t dance at our dance club again. This is bad manners and not the way to act. We should depart in good spirit as those who have kept in contact and are getting married, now interested in lessons for their wedding-reception’s opening-dance.

We commend parents and children who have proven integrity and good manners by giving notice correctly
and have made sure all fees are paid. If a child is allowed to merely abscond without proper notice and payment of fees, this is the way the child will turn out when the child is grown up. Please adhere to our requirements
as you would expect others to do if you had to have a similar practice.
To the members who have given notice correctly, we wish you well and trust you’ll put your skills, obtained from us, to good use with great fun for the rest of your life. To the members who have been dancing at our dance club for a while and especially the ones that have been dancing at our dance club for a very long time, we’d like to inform you that we love you dearly because you make our dance club—you’re like family!

Some have literally grown up at our dance club!

Please note that the high-school dancers have a different experience to the primary school dancers, because they start realizing how to put the ability-to-dance to practice in public.

Our dance-club fee for 2024 is R2480 for the entire year seeing as payments are not for classes but to be a member at our dance club. The term-fee is thus R620 per person per term or R207 per person per month for 12 months (January to December) or from the beginning of the enrollment term for 12 months if the dancer enrolled in another term than the first term. Some people prefer to pay termly while others prefer to pay monthly. The cheapest dance-school or dance-studio fees in Bloemfontein are R900 for 6 classes per term or up to R2000 for 8 classes per term. We provide 10 classes or more per term because we have the largest syllabus in the world. 6 to 8 classes per term are not enough to cover everything. Our dance-club fees are low so that our dancers can continue dancing for a long time, as a person cannot learn to dance in a short while, definitely not in 1 or 2 terms, and we want our dancers to always dance way better than the general public. It’s a life-skill and lifestyle-activity, so classes should be attended lifelong like in developed countries to keep the brain fit & to gain other positive results.