Hi, New Partner Dance Club Member!
Hartlik welkom by ons deftige dansklub waar ons dansers lede is nes by enige ander klub & lede kan bly vir 60plus jaar want ons kan hul lank besig hou met nuwe inligting a.g.v. dat ons die grootste sillabus ter wêreld gebruik.
Ons doen baie moeite, dus werk ons lank & hard aan ons dansers se dansvaardigheid asook sosiale ontwikkeling omdat ons sosiale pare-dans ‘n lewensvaardigheid & lewensstyldans is wat lewenslank beoefen behoort te word soos in eerstewêreldlande.
NB. Dis belangrik dat ‘n danser vroegtydig op die klas se Whatsapp groep laat weet indien die danser afwesig gaan wees van klas sodat almal kennis dra.
Aangaande Hoërskooldansers: Dis uiters belangrik hier dat dansers ook vroegtydig op die klas se WhatsApp groep laat weet indien die danser afwesig gaan wees van klas sodat dansers van ander klasse gereel kan word om in te staan vir die wat nie by klas is nie. NB. Onthou ons doen pare-dans, nie solodans nie. As daar nie eweveel seuns & dogters by klas is nie, moet daar die heeltyd dansmaats geruil word sodat almal ‘n beurt kan kry om die nuwe stappe te doen en dit mors tyd terwyl daar vinnig gevorder kon word met die sillabus. Dis nou nog moeiliker sedert die epidemie want ons mag nie dansmaats ruil vir ‘n maand nie, so as iemand se dansmaat nie opdaag nie moet die ander een die hele uur se klas op ‘n stoel sit. Dus probeer net afwesig wees van dansklas as dit regtig lewensnoodsaaklik is.
Ons afrigting is die beste in ons land en ons wil hê ons dansers moet die pret van hul lewe hê met hul klasbywoning.
Antwoord asb alleenlik op die WhatsApp groepe dit wat belangrik is want aanhoudende boodskappe is irriterend vir werkende ouers. Ons bespreek net dansverwante onderwerpe op ons groepe. Jul word nog bygevoeg by jul verwante Social groep ook. By hoërskooldansers is dit verpligtend dat die danser saam met 1 ouer op al ons verwante groepe is. Stuur asb almal se nommers indien ons dit nog nie het nie.
NB. GEEN kontant depositos by die bank! Die bank hef ‘n fooi van R95 “over the counter handling fee” wat die betalingpligte moet betaal of dansklubfooie moet opgaan. Meeste EFT betalings is gratis of baie goedkoop! Ons probeer jul geld spaar!
Kontant betalings by klas is ook welkom, maar moet asb in ‘n koevert wees met die naam op. ‘n Pragtige WhatsApp kwitansie word gestuur sodat jul bewys van betaling het.
Our Banking Details:
- Vir EFT betalings:
- Bankbesonderhede in Engels:
- Bank: FNB,
- Account-name: Dr. L du Plessis,
- Branch: Preller (Square),
- BranchCode: 250655,
- Account-nr: 62380920043
- Cheque Acc
Stuur enige vrae en/of kommentaar na hierdie epos adres:
support@partnerdance.fun
Vriendelike Groete,
Partner Dance Club Team
